AKB – A place where I’m heard, loved and protected

Child Protection Week is commemorated annually, in South Africa, to raise awareness about the rights of children. As Abraham Kriel Bambanani, it is our mandate to make sure that every vulnerable child, in our care, is heard, protected and loved.

We are here to CARE, DEVELOP and EMPOWER traumatised children and young people in need.

*Hope (12) was removed from her parents care due to their drug abuse, as well as allegation of physical abuse and neglect.  Hope was very scared when she first came to the Langlaagte Campus. She has a deep resentment for her parents and their behaviour while she was staying with them. She still needs help to understand her contrasting feelings of love versus anger, when she thinks of her family. She did not trust people when first placed in our care and struggled to adjust.  With the love, care, support and necessary therapy, Hope has adapted to being at Abraham Kriel Bambanani, and has made friends at school and on campus. She is busy healing and grateful towards the staff at AKB.  She seems to be happier and her trust in adults has improved.

Hope still has a lot of healing to do, but we trust that with time, caring and love she will reach her full potential.

*Amy was placed in the care of Abraham Kriel Bambanani in April 2024. Amy was removed from her parents’ custody, because her father abuses alcohol and acts violently when intoxicated. Amy is doing well academically and is presently in grade 11. Amy is determined to make the most of her education and aspires to attend university after high school. With the support of her teachers and friends at Abraham Kriel Bambanani, she is learning to overcome the challenges she has faced and is hopeful for a brighter future. From the moment baby *Thandi was abandoned at birth, she had no one to hold her, no family to claim her, and no voice to speak her pain. At just two weeks old, she was placed at the Maria Kloppers Campus, where caregivers became the only family she knew. The nurturing environment helped her develop a sense of security, ensuring her physical and emotional well-being. From infancy through toddlerhood, she received attachment therapy, helping her form trusting relationships with caregivers and the social worker. Speech therapy later assisted her in expressing herself, reducing frustration and emotional outbursts. Through consistent care and structured interventions, Thandi blossomed into a confident, emotionally connected child.

THANK YOU to the donors, volunteers and staff that help us fulfill our mission. Your support and love for the children in our care is evident in how they are nurtured from “troubled children” to young people that can function independently and contribute positively to society.

AKB -‘n Plek waar ek gehoor, geliefd en beskerm word

Kinderbeskermingsweek word jaarliks ​​in Suid-Afrika herdenk om bewustheid oor die regte van kinders te kweek. As Abraham Kriel Bambanani is dit ons mandaat om seker te maak dat elke kwesbare kind in ons sorg gehoor, beskerm en geliefd word.

Ons is hier om getraumatiseerde kinders en jongmense in nood te BESKERMVERSORGONTWIKKEL en TE BEMAGTIG.

*Hope (12) is in Februarie 2025 uit haar ouers se sorg verwyder weens hul volgehoue dwelm misbruik, wat gepaard gegaan het met bewerings van fisiese mishandeling en verwaarlosing. Hope was baie bang en onseker toe sy by die Langlaagte kampus aangekom het. Sy is baie lief vir haar ouers, maar verafsku  hul gedrag en gewoontes. Sy het baie hulp en ondersteuning nodig om haar kontrasterende gevoelens van liefde en woede te verstaan ​​wanneer sy aan haar ouers dink. Aan die begin was dit vir haar moeilik om mense te vertrou en sy het gesukkel om by haar nuwe omgewing aan te pas.  Die gevoel van “veiligheid” en geborgenheid wat sy by AKB ervaar het, het haar gehelp om aan te pas en selfs vriende te maak. Intense terapie and sakke vol liefde en ondersteuning help Hope om die stukke van haar gebroke lewe weer aanmekaar te sit.  Sy is dankbaar vir die veilige hawe wat die Langlaagte Kampus vir haar bied en dat sy ‘n geleentheid het om haar lewe te herbou. Ons is dankbaar teenoor ons lojale donateurs wat dit vir ons moontlik maak om kinders soos Hope te help om ten spyte van al die seerkry wel haar volle potensiaal kan bereik.

*Amy is sedert April 2024 in die sorg van Abraham Kriel Bambanani. Sy is uit haar ouers se sorg verwyder omdat haar pa alkohol misbruik het en geweldadig opgetree het wanneer hy te veel gedrink het.  Haar ma kon haar nie teen haar pa beskerm nie en Amy het gedroom van die dag wat sy sonder vrees skool toe kon gaan.  Haar omstandighede het daartoe gelei dat sy gereeld afwesig was en akademies agter geraak het. Amy, die personeel van AKB en die onderwysers by Amy se nuwe skool het baie hard gewerk om die agterstand uit te wis. ‘n Jaar later is Amy ‘n sprankellende graad 11 leerling wat stof in haar maats se oë skop, beide in klaskamer en op die sportveld. Amy is vasbeslote om na Hoërskool Universiteit toe te gaan. “Ek kan nou enige uitdaging oorkom en ek het besef my lewe hoef nie te wees soos dit die afgelope 16 jaar was nie” – Amy.  Met die hulp van haar Maatskaplike Werker kan Amy al briewe aan haar ouers skryf en hoop sy om eendag weer by hulle te kan gaan kuier. Vir nou fokus sy op haar toekoms en gryp sy die geleenthede wat sy by AKB kry met beide hande aan. Ons is trots op jou, Amy en ons is saam met jou opgewonde oor jou blink toekoms.

Kort na haar geboorte is baba *Thandi verlate gevind.  Sy is nooit vasgehou en gekoester nie. Geen familie het ooit navraag gedoen oor haar nie en selfs haar “huil” was sag.  Slegs twee weke oud is sy by die Maria Kloppers-kampus geplaas, waar die kinderversorgers en personeel haar familie geword het.  Thandi het ekstra liefde en aandag nodig gehad en het nie altyd so vining soos die ander babas ontwikkel nie. Sy het van vroeg af bindingsterapie ontvang en het ook later Spraak-en Arbeidsterapie ontvang. Namate Thandi veilig begin voel het en vertrouensverhoudings met haar versorgers en Maatskaplike Werker gebou het, het die emosionele uitbarstings afgeneem. Sy het uit haar eie na ander uitgereik en as liefdevolle dogtertjie floreer.

Thandi is verlede maand aangeneem. Danksy die intervensie en liefde wat sy by Maria Kloppers ontvang het, het sy sommer vining met haar nuwe gesin gebind. Drie jaar gelede was daar min hoop vir klein Thandi, maar vandag is sy emosioeneel toegerus om hierdie nuwe fase in haar lewe voluit aan te pak.

Maria Kloppers kampus het gedurende haar vormingsjare vir haar die nodige stabiliteit en ondersteuning gebied en vir haar ‘n tweede kans in die lewe gebied.  Alles van die beste Thandi.

DANKIE aan donateurs, vrywilligers en personeel wat ons help om ons missie te vervul. Julle ondersteuning maak dit vir ons moontlik om vir kinders in nood ‘n veilige hawe te wees waarbinne hulle kan ontwikkel van hulpelose slagoffers tot gesonde lede van die samelewing wat onafhanklik kan funksioneer en ‘n positiewe bydrae in die samelewing kan bied.

Share This Page