Through every challenge, resilience, faith and hope endured

In 2025 we once again became deeply aware of the grace of our Heavenly Father. Just as He promised, He carried Abraham Kriel Bambanani through another year of uncertainty, pressure, and unexpected challenges. Faith precedes hope, and because we believed that He would sustain us, hope continued to grow, not only in the work of Abraham Kriel Bambanani but also in the hearts of the children and young people in our care.

In the midst of shifting SLAs from the Department of Social Development, operational pressures, and the ongoing demands placed on our programmes, one thing remained unwavering: our commitment to creating a place of safety, belonging, and possibility for every child. Belonging is not simply a feeling, it is a lifeline. It tells a child, “You are seen. You matter. You are loved.” And this year, despite every challenge, our children continued to experience that truth in their homes, programmes, and daily interactions with people who care for them deeply.

I extend my heartfelt appreciation to our dedicated staff who continue to serve with courage and compassion, even in the toughest moments. We remain grateful for the legacy of our retired CEO, Mr Paul Momsen, whose leadership continues to steady our steps. Above all, we give thanks to the Lord Almighty, whose presence strengthens and sustains us.

To each one of our donors and supporters, I thank you. Your generosity creates spaces where children feel safe, valued, and rooted in hope. Because of you, they belong.

May the peace of Christ fill your homes, and may this Christmas season be one of joy, renewal, and heartfelt blessing.

As we look toward 2026, we do so with renewed hope and gratitude that we can continue to walk this journey with you, our donors, as together we will remain an anchor of hope for orphaned, vulnerable and traumatised children and youth.

With sincere gratitude and warm Christmas wishes,

Yolande Fredericks
CEO, Abraham Kriel Bambanani

Veerkragtigheid, geloof en hoop dra AKB deur 2025

In 2025 het ons opnuut weer bewus geword van die genade van ons Hemelse Vader. Net soos Hy beloof het, het Hy Abraham Kriel Bambanani deur nog ‘n jaar van onsekerheid, druk en onverwagte uitdagings gedra.  Geloof kom voor hoop, en omdat ons geglo het dat Hy ons sal dra, het hoop bly groei, nie net in die werk van Abraham Kriel Bambanani nie maar ook in die harte van die kinders en jongmense in ons sorg.

Te midde van veranderende Dienslewerings ooreenkomste met die Departement van Maatskaplike ontwikkeling, operasionele druk en die toenemende eise waaraan ons programme moes voldoen, het een ding onveranderd gebly – ons vasberadenheid en passie om vir elke kind ’n plek van veiligheid, geborgeheid en moontlikhede te skep. Geborgenheid in nie net ‘n gevoel nie, dit is ’n lewenslyn. Dit sê vir ’n kind: “Jy word gesien. Jy is belangrik. Jy is geliefd.” En hierdie jaar, ten spyte van al die uitdagings, het ons kinders en jongmense dié waarheid steeds ervaar—in hulle huise, programme en in die daaglikse versorging deur mense wat werklik omgee.

Ek spreek my opregte waardering uit teenoor ons toegewyde personeel, wat met moed en deernis voortgaan om te dien, selfs in die moeilikste tye. Ons is ook dankbaar vir die nalatenskap van ons afgetrede Uitvoerende Beampte, mnr. Paul Momsen, wie se leierskap steeds ons pad rig. Bowenal dank ek die Here Almagtig, wie se teenwoordigheid ons deurgangs versterk en dra het.

Ek is dankbaar vir elke donateur en ondersteuner wat gedurende 2025 betrokke was. Julle vrygewigheid het ruimtes geskep waar kinders veilig voel, waardeer word en in hoop gewortel is. Danksy julle, weet hulle hulle behoort.

Mag die vrede van Christus julle huise vul, en mag hierdie Kersseisoen een wees van vreugde, vernuwing en opregte seën.

Ons sien met hernieude hoop en diepe dankbaarheid uit na 2026, waar AKB, saam met ons ondersteuners steeds ’n anker van hoop vir wees-, kwesbare en getraumatiseerde kinders en jongmense in nood kan wees.

Met opregte dankbaarheid en warm Kersgroete,

Yolande Fredericks

Uitvoerende Beampte, Abraham Kriel Bambanani

Share This Page